Categories
PSALMS

PSALMS 43

Stuur u lig en u waarheid

1 Spreek my vry, o God!

Verdedig my saak

teen ’n goddelose volk.

Red my van mense

wat vals en boos is.

2 Want U, o God,

is my veilige skuilplek.

Hoekom het U my dan verstoot?

Hoekom moet ek rou

omdat vyande my verdruk?

3 Stuur u lig en u waarheid;

laat dit my lei.

Laat dit my bring

na u heilige berg,

na die plek waar U woon.

4 Ek sal ingaan

na die altaar van God,

na God,

die bron van vreugde

en blydskap.

Ek sal U loof met die harp,

o God, my God!

5 Hoekom is ek so neerslagtig?

Hoekom so verontrus?

Ek sal op God vertrou!

Ek sal Hom weer prys,

Hy is my redder

en my God!

—https://api-cdn.youversionapi.com/audio-bible-youversionapi/553/32k/PSA/43-b0980ad17da8a0d4a8c996f2923edb7c.mp3?version_id=117—

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *